Audley End



Audley End House

naby Saffron Waldon, Essex

Engeland
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk


Opgerig

Tussen 1603 en 1614


Boustyl

Jacobiaans


Webtuiste
English Heritage: Audley End House and Gardens

Audley End, dikwels ook Audley End House genoem, is 'n vroeë 17de eeuse herehuis net buite Saffron Waldon en suid van Cambridge in die Engelse graafskap Essex. Die paleisagtige gebou temidde van 'n formele tuin is oorspronklik tussen 1603 en 1614 deur Thomas Howard, eerste graaf van Suffolk (1561-1626) gebou om verblyf vir die besoekende koning te bied.

Audley End is vroeër as een van die wonderlikste Jacobiaanse herehuise beskou, maar oor die eeue heen het periodes van verval afgewissel met tye van herbouing en uitbreiding. Die huis is geleidelik verklein tot sy huidige grootte ('n derde van die oorspronklike ontwerp) en die uitleg van sy tuin verander.

In die tweede helfte van die 18de eeu het Sir John Griffin Griffin (1719–1797) die herehuis saam met die befaamde argitek Robert Adam (1728–1792) en die landskapsargitek Lancelot "Capability" Brown (1716–1783) omgebou en elegante onthaalkamers bygevoeg, terwyl 'n park en 'n tuin in die "natuurlike styl" aangelê is. Die huidige interieur weerspieël die smaak van Lord Braybrooke wat groot belangstelling in die geskiedenis van Audley End getoon en 'n reeks opulente kamers in 'n romantiese Jacobiaanse styl geskep het.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Audley End as die geheime hoofkwartier van die Special Operations Executive se Poolse afdeling gedien. Die herehuis is in 1948 deur James Lees-Milne, 'n verteenwoordiger van die Engelse National Trust, vir ₤30 000 gekoop en deur die Britse Ministry of Works bestuur. Audley End en sy verskeidenheid versamelings is tans onder die administrasie van English Heritage.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search